Digital Audio Broadcasting

Die DAB-kenteken
Die DAB-radio-ontvangstoestel Noxon Nova. Die DAB-uitsaaistandaard maak voorsiening vir bykomende dienste soos radioteks, tyd en programgidse

Digital Audio Broadcasting (kort DAB) is 'n digitale uitsaaistandaard vir die terrestriële ontvangs van radioprogramme. Dit is geskik vir die frekwensieband tussen 30 MHz en 3 GHz en sluit sodoende ook satelliet- en kabelverspreiding in.

DAB is in die tydperk tussen 1987 en 2000 deur die Europese Unie se Eureka-147-projek ontwikkel. 'n Meer gesofistikeerde standaard, wat 'n merkbaar hoër oudiokompressie sonder degradering van die gehalte behels, is onder die naam DAB+ bekend gestel. Danksy DAB+ kan meer digitale radioprogramme via dieselfde kanaal versprei word. DAB en DAB+ word vir die publiek ook as Digital Radio bemark.

Vir die digitale kodering en kompressie van gewone DAB-radioprogramme word die standaarde MPEG-1 Laag 2 of MPEG-2 Laag 2 gebruik (die sogenaamde Musicam-metode). DAB+ maak gebruik van die MPEG-4 HE AAC V2-standaard (kort AAC+).


Developed by StudentB